Die Ontlysting van plase onder Grondeise
Boere moet in gedagte hou dat die Grondeisekommissie nie grondeise eensydig kan “de-gazette” of “ontlys” nie.
Die Grondeisekommissie het twee jaar gelede verklaar dat hulle toe reeds besef het dat daar goeie rede is om weer te kyk na die geldigheid van verskeie restitusie-eise wat toe reeds in die Staatskoerant gepubliseer (“ge- gazette”) was en om te oorweeg om sommige van die plase te ontlys of sogenaamd te “de- gazette”. Baie boere verkeer sedertdien onder die verkeerde indruk dat die Kommissie aktief besig is om alle eise te heroorweeg en dat eise op hulle plase goedsmoeds sal “verdwyn”. Dit is ongelukkig NIE die geval nie. Inteendeel word verdere eise nog weekliks in die Staatskoerant gepubliseer. Daar word aangedui dat daar nog ongeveer 1000 eise in Kwazulu Natal gepubliseer gaan word en verskeie ook in ander provinsies. Weinig, indien enige, van die reeds gepubliseerde eise is sedert die bogenoemde verklaring op eie inisiatief van die Kommissie ontlys. Dit word sterk betwyfel of dit ooit sal gebeur. Die foute wat die Kommissie gemaak het deur ongeldige eise te aanvaar,het eisers laat glo dat hulle eise geldig is. Hierdie foute kan nie nou sommer goedsmoeds uit die weg geruim word deur ‘n eensydige ontlysting van plase deur die Kommissie nie. Dit verg meer as bloot ‘n besluit deur die kommissie om sulke eise te “ontlys”. Eisers het wetlik die reg om beswaar te maak teen enige voorneme van die kommissie om ‘n eis te “de-gazette”. Artikel 11 A (2) van die Restitusiewet skryf die prosedure voor. Indien die kommissie van oordeel is dat dit nodig is om sy voormalige besluit om ‘n eis te publiseer, te herroep, moet hy eers sodanig kennis in die Staatskoerant gee en moet die grondeisers die geleentheid gebied word om daarteen beswaar te maak.
Die kommissie moet dus eers die grondeisers oortuig dat hul eise nie meer as geldig beskou
Ons
Grondeise is ‘n Grondwetlike realiteit en proses wat nog lank met ons gaan wees. Daar is egter geen rede tot paniek nie. Solank die grondeienaar sy regte ken en korrek uitoefen behoort hy niks te vrees te hê nie. Sorg net dat jy jouself korrek inlig oor die regsposisie voordat jy enige staape neem. Dit is krities belangrik anders gaan jy foute maak wat nie maklik ongedaan gemaak
Bertus van der Merwe
Cox en Vennote
Vryheid
(Prokureur spesialiserende in Grondverwante Litigasie)
www.coxandpartners.yolasite.com